Lawaaidraai is 'n lieflike huis waar gesinne of vriende tyd saam kan spandeer. Dit is baie naby die strand, net 'n entjie se stap weg, en bied slaapplek aan tot 10 gaste in Oesterbaai.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Twee van die slaapkamers is ingerig met elk `n dubbel bed, een het 2 enkelbeddens, en die oorblywende slaapkamer het 'n koningsbed. Albei badkamers is toegerus met 'n bad en 'n stort. Elke kamer het ingeboude kaste.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Die leefarea het 'n etenstafel, gemaklike sitplek en 'n TV. Die leefarea maak ook oop na die agterkant, waar daar 'n ruim onderdakbraai-area is.
Oesterbaai is toeganklik via 'n grondpad vanaf Humansdorp of St. Francisbaai. Die dorpie het 1 winkel wat noodsaaklikhede verkoop, asook 'n restaurant. Neem asseblief kennis dat die restaurant nie elke dag oop is nie.
Buite Seisoen Prys R3 000.00 per nag
Desember en Januarie R5 400.00 per nag
Eenmalige skoonmaakkoste R430.00