Hierdie eiendom het mooi uitsig oor die fynbos veld asook see uitsig na die weste kant van Oesterbaai en na Klippepunt, asook vandie mooiste sonsondergange. Eiendom het ook melkhoutbome op. Oesterbaai is `n rustige kusdorpie wat verbind word met `n 25 km grondpad tussen Humansdorp en Oesterbaai asook 25 km grondpad vanaf St Francisbaai net `n klipgooi vanaf Oesterbaai. St Francisbaai het vandie beste restaurante! Op Oesterbaai is net een winkel wat die nodigste verkoop asook `n restaurant.